Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Vandag was uiters stresvol. Ek het aanvanklik beplan om 'n Engel beeldhouwerk te doen met al die herwinde items in ons sak maar die vrees van tyd het my oorweldig. Meer as halfpad in my beplanning sien ek my blikkies is soos koffie blikke met dik rande en ek was bang die blikskêr sukkel om deur te sny. Ek wou hare vd blik maak ... en as die vrees jou oorweldig en onsekerheid inskop dan is dit chaos. Toe maak ek die kunstafel organiseerder. Ek moes maar my kanse met die blikskêr gewaag het ... ai

Liewe dagboek, die spanning is nou al so hoog. Elke uitdaging laat iemand uitrafel. Die feit dat die lewe daar buite aangaan en dat jy met elke uitdaging jouself moet verbeter is net te veel. So ń realiteits program is TOUGH!

Vandag was daar ń misterieuse blou sakkie op ons tafel ...

Binne in die snaakste kombinasie goed wat jy aan kan dink en jy moet iets daaruit maak! Sjoe!

Ek het weer op iets prakties besluit net oor ek self nie mal is oor goedjies wat net rondstaan nie. Die jetpack is ń lekker verbeeldingsvlug vir veral ń seuntjie. Meisies het mos al die pret met die krone en staffies!

Op hierdie program word jou kreatiwiteit tot op sy uiterste beproef.    

Helooo Liewe dagboek,

Toe ons in loop en sien dat daar n sak  is op ons werkstasies toe weet ek dit is n lekker een  hierdie.

Ek kon nie wag om te weet wat ons doen nie en soos ek die sak  oopmaak  lag ek want ek het n tema  uitgesit vir as ek dit kan  gebruik.

In die sak was n aartappel en oor ek nie chips kon maak nie het ek toe die aartappel verniel en n kop gemaak vir my engel ... soos ek aangaan besef  ek maar hierdie een gaan nie rol  nie. (Die aartappel sou vrot) hahahahaha!!
Ek het toe probeer om vere  te kerf met n matmessie om die aartappel te gebruik vir 'n stensil maar ek dink ek het meer twak  aangevang as enigiets anders ...
Hierdie een was lekker om te doen want ek was gemaklik daarmee. Om uit niks iets te maak met soveel produkte wat beskikbaar was, was "Amazing".

Tot volgende keer ...

Liewe dagboek, ‘n Sak rommel? Wat maak mens met ‘n sak rommel? Dit het imtrent dinkwerk gekos, ek werk eintlik baie min met rommel. Miskien papier, tags ens, maar foelie en plastiek bottels? 

So ja, die beste wat ek aan kon dink is ‘n skryfbehoefte “caddy”.  Moet sê die eind resultaat was heel bevredigend.  En die Celebr8 blomme ‘n “life saver”! ... en ek speel volgende week weer saam! Yay!