Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Hierdie episode ... wat sal ek sê? Terwyl ek by Kunsvlyt besig was om die program te verfilm het my jonger sus met Melanoma Velkanker begin met behandeling. Eers drie operasies en toe elke dag 2-3 ure op 'n drip. Ek het voor die opname met my ma gepraat wat bitterlik gehuil het omdat my sus so swaarkry. Ek het met 'n swaar hart en onstelde gemoed op die vloer gestap. "Ons moet 'n tipe "Art Box" maak" was die opdrag. Onmiddelik het ek besluit om dit aan my sus en elke persoon met kanker op te dra. Ek was baie emosioneel ... het baie tussen-in gehuil en vas geglo ek gaan die mooiste kas ooit maak ... net vir my sus. Ek het die opdrag oor en oor gelees om seker te maak ek vergeet niks. "Jy moet in die kas 3 tegnieke gebruik" ... mosaik ... het ek, skilder tegniek ... het ek, en ek het in my kleipot kerfwerk gedoen ... 3 tegnieke met my 3 items ... maar ek het dit verkeerd toegepas. Ek moes dit in die kas doen en nie op die elemente wat ek gemaak het nie. My hart het oorgeloop van emosie vandag en "clouded my judgement" soos hulle in Engels sê.

Ek het 'n fout gemaak ... 'n groot fout wat my huistoe gestuur het. My hart was bitter seer ... vir my sus en vir myself want ek wou so graag tot die einde bly, maar reëls is reëls en ek het die tegnieke verkeerd toegepas. Dit was nie maklik om te aanvaar nie maar as jy eers weer tuis is en in jou gewone roetine kan jy nugter daaroor dink. Ek weet daar is 'n doel met alles in die lewe. Ek moet vandag huistoegaan. Dit was nie vir my bestem om te wen nie. Ander deure maak oop. Ander geleenthede kom om my pad. Ek is per slot van sake altyd eerste 'n kunstenaar en tweede 'n kunsvlyter, en dit is waaroor die program handel, die beste kunsvlyter uit die 10 finaliste ... en die beste een sal wen en daarmee het ek vrede in my hart.

Liewe dagboek,

Groot oopsie!!!! Ek en Veronika het die opdrag verkeerd verstaan. Wat 'n gemors! 

Die ergste is ek was so verseker oor my produk en was baie opgewonde. Toe ek opkyk en sien wat Jarius en Ezmé gemaak het toe weet ek ...

Ek is seker op my velle deur na die top 3!

Net genade van Bo en my totale OCD wat netheid betref wat my oor daai streep gesleep het.   

Liewe dagboek,

Kunsvlyt is voorwaar 'n “roller coaster ride!”, 'n warboel van emosies, die een week is jy onder op die grond en die volgende week is jy “on top of the world”! Die spanning loop hoog en die feit dat jy dievolgende een is wat die kunsvlytvloer verlaat, hang die heeltyd soos ’n donker wolk oor jou … baie moeilik om kreatief te wees in sulke donkerte. En ook om totsiens te sê vir iemand wat nou ’n vriendin geword het.

Maar dit was wonderlik om weer te wen. Ek het die projek baie geniet, veral die Gelli-plate drukwerk en kleure buite my normale raamwerk. Ek gaan definitief meer hiermee experimenteer by die huis.  Veilig vir nog ’n week ...