Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Liewe Dagboek,

Alle goeie dinge kom tot ’n einde, so lui die gesegde.

Maar watter ongelooflike kreatiewe avontuur was dit nie!  Vir my was die hele Kunsvlyt ervaring ’n wonderlike reis van persoonlike groei. My kreatiewe vermoeëns is tot die uiterste beproef, ek moes dink uit die boks, produkte gebruik wat onbekend was, nuwe tegnieke op die proefstel, alles in ’n baie kompeterende omgewing. Die druk was geweldig, maar die proses was so bevredigend. Ek het ongelooflike mense ontmoet, ek is seker van hulle sal baie goeie vriende raak, en met ander gaan ek nog lekker saamwerk in die toekoms.

Derde Plek in die tweede seisoen van die Kunsvlyt Meesters kompetisie!  Wow!

’n Plek op die podium! Dis ongelooflik!

Ek is tevrede met my prestasie. (Al sou die fantasties gewees het om die ongelooflike Empisal masjien te wen)

Al wat ek verder kan sê is dankie aan almal vir hierdie geleentheid. Berné en Michelle, Trudie en Almie, dit was ’n voorreg om saam met julle te werk. My kameraman Wimpie wat saam met my gestress het en al die ander ongelooflike mense wat so ’n produksie moontlik maak. Ek hoop ons paaie kruis weer.

Dankie dit was amazing!

Liewe dagboek

Kan nie glo ons is al hier nie. Top 3!!! Tyd vlieg regtig as jy pret het.

Daar was soveel hoë en laagte punte dat mens se emosies sommer met jou weghol. Mens huil vir alles!

Na verlede week se misverstand is ek net meer en meer gefokus en gemotiveerd.

Maar ... toe ons instap was daar weer ń magdom goed wat ons moes vermag.  

Ek het hierdie keer als trippel gelees en ontleed en dit was nie verniet nie ... my vierde wen van die reeks!

So ongelooflik bly en bevoorreg om in die top 2 te wees. 

My hart was baie seer vir Ezmé maar ek weet sy gaan hierdie geleentheid tot sy uiterste benut en sy is klaar No 1 in haar sport - scrapbooking. 

Nou net my senuwees inhou vir die finaal.

Liewe dagboek, Ek is Top 3!!!


Wat 'n journey tot nou.  Hierdie week was moeilik vir my want die idees raak min. Ek het my beste probeer en het op Proteas besluit as tema. Met die wat ek die tafel en RAAM klaar gemaak het, het ek besef ek kort iets. Soos ek toe weet het ek gelukkig batting/stopsel  gevat vir 'n kussing ... maar toe gebeur dit. Ek ken nie 'n naaldwerkmasjien nie en weet nie hoe om garing  op te sit nie maar toe ... toe stik ek maar met die kleur wat in was ... ROOI!!!


Ek het gefokus vir lewe en dood. Ek dink al die kameras was op my op daardie oomblik. Toe ek klaar is met dit en die kussin (kie) wou verf en afrond met lining verf ... toe ontplof die houer op die kussing. Gelukkig vir my kon ek dit red!


Die laaste 10 minute besluit ek dat ek iets ekstra wou doen. Toe ek nog van die duur protea patroon lap het, sny ek 'n strook en wil dit stik om oor die rocking chair te hang ... aar neeeeee wat!!! Toe stik ek laat dit bars maar geen garing raak die lap nie. Oops!!! Hahahahahaha


Ek los lap maar vir hulle wat kan!!! Tot volgende keer ...