Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Liewe dagboek, vandag het die naaldwerk masjien weer my brein gebreek maar gelukkig weet ek hoe gom werk ek het so lekker gespeel met al my plaas diere. Melize

Liewe dagboek, ek het vreeslik lekker gewerk aan my handpoppe en die heeltyd probeer stories bou soos wat ek aangegaan het. Hier teen die einde het ek gesien tyd haal my in en ek moet vinnig ‘n plan maak, dit is toe wat die kwaai kwas in my kop opspring!!! Hy word toe sommer ‘n “kwas monster” tot groot vermaak van ‘n hele paar mense. Adri

Die oomblik toe ek hoor ons gaan poppe maak en daar moet 'n storie bykom het ek geweet ek gaan myself en my 3 kleindogters maak. Ek noem hulle altyd "my blomme" en wanneer ek na hulle verwys praat ek van myblomtuin. Ek het hulle so lief en sal enige iets vir hulle doen. Nog voordat ons by ons tafels gaan staan het, het ek reeds die hele storie in my kop geskryf. Ek sal die son wees ... die een wat warmte en liefde gee en altyd daar is vir hulle ... selfs op bewolkte dae. Selfs al is hulle bietjie "stout" en loop weg uit die tuin en verdwaal omdat die wolke toegetrek het en hulle nie meer die son kan sien nie. En wanneer hulle bang en hartseer is en die wolke trek oop sal hulle sien die son was nog die hele tyd op dieselfde plek. Roz is my klein rabbedoe en daarom het ek haar 'n blou blommetjie gemaak. In my hart weet ek, ek het die mooiste poppe gemaak en glo ek het punte verloor omdat almal so baie dieselfde was ... maar daaroor is ek nie spyt nie ... al moes ek ook huistoe gaan. Ek het hulle ewe lief en tref geen onderskeid nie ... daarom het hulle dieselfde rokke aan ... hulle is nog jonk en ek wou hê hulle moet weet vir my is hulle al 3 ewe belangrik. Ek was gelukkig om nie huistoe te gaan nie, maar meer gelukkig om te weet ek het 3 dogtertjies se harte bly gemaak dus in my hart het ek die eerste plek gewen!

Liewe dagboek, vandag is ons net 6 wat deelneem. Ek is so op my senuwees ek weet nie wat om te verwag nie. Met die inloop sien ek die poppekas raak en dink great hierdie is mos my "kos" ek het teaterkunde geswot ek weet van poppe maak. Ek is so opgewonde ek vergeet van my "note to myself" met die vorige projek. Ek sien net die eindproduk! Ek het vandag my eie kamera man, Patrick en hy is dierbaar. Hy volg my orals, hy wil als afneem, en dis toe wat hy op die tafel kom leun waar ek met die naaimasjien werk en die hele blad tiep. Gelukkig het geen masjiene  geval nie. 
Patrick se vir my ons gaan wen maar ek se vir Patrick nee ons gaan huis toe. Ek het weereens glad nie aan die tyd gedink nie. En ja ek is huis toe. Maar ek het my gate uit geniet. Die projek het iets in my weer wakker gemaak en ek is so opgewonde. Ek gaan weer begin goed doen wat ek van vergeet het. Ek gaan weg op n high. Sterkte vir al die ander deelnemers julle is n klomp dierbare mense.

Liewe dagboek, vandag se uitdaging was ‘n wonderlike, kinderlike ervaring. Wie hou nie van poppekas speel nie? Ek het my katpoppe van felt gemaak ... een van my gunsteling mediums om mee te werk. Hulle kon enige storie vertel. Ek hoop hulle kan ‘n kinderhartjie gelukkig maak!