Toe die aankondiging kom om 'n geskenk vir 'n vriendin te maak, het ek  onmiddelik geweet ek gaan uit my gemak zone klim. Ek doen meeste van my kunswerke in of Afrika of Antiek-sjiek styl. Ek het dadelik besluit op 'n nuwe styl en ander tegnieke. 

My vriendin Ezelle was eerste in my gedagtes. Ek sal nooit die prentjie uit my kop kry van die vrou wat kliphard op haar selfoon praat om haar vriendin te herriner sy moet vir Kunsvlyt inskryf nie.

Sy het 'n huisie by die see in Mosselbaai en ek wou graag iets maak wat daarby sou pas. Ek weet haar dekor is bloue, groene en geel. 

Ek het ook al geweet dat ek die Gel-plate wou gebruik. Groot waagkans want ek het nog nooit voorheen daarmee gewerk nie ... maar wie nie waag nie, wen nie.

Ek hou daarvan om my agtergronde in my kunswerk te collage en dan bo-oor te verf. Ek het my eie collage papiere gemaak in groene, bloue en geel deur die gel-plate te gebruik en die vorm van water daarop te trek en dan te druk. My werkstafel was vol afdrukke maar ek het dit vreeslik geniet.  

Ek het so baie mediums gebruik ... skippie gemaak van klei en canvas doek ... ek het 'n plastiek skraper gebruik om die ""supa-eood" soos regte planke te laat lyk ... ek het met my vingers geverf ... toutjies gebind, vissies gemaak.

Dit was 'n lekker uitdaging ... en ek het so gehoop ek gaan wen ...

Liewe dagboek, om so 'n klein ruskansie te kry was heerlik maar lank vergete met die week sê uitdaging. 'n Geskenk vir iemand spesiaal ... ek het dadelik aan my Luka gedink en het vir haar 'n handsak gemaak. Met beperkte naaldwerk voorraad moes ek maar plan maak. Die regte gom en borduurgare sou egter welkom gewees het! My uitslae was nie na wense nie maar almal skiet soms te kort en volgende week probeer ek weer.

Liewe dagboek, hierdie uitdaging was so in my kraal!!! Ek het my projek gemaak met elke hartsvriendin in gedagte, wens ek kon vir elkeen een maak en gee!

Liewe dagboek, hoe lekker is vandag se episode maak iets vir iemand spesiaal. Die Here het vir my so 'n spesiale vriendin gestuur sy is altyd daar sy huil en lag saam met my sy is my grootste fan haar huis lyk soos 'n Melize van der Walt gallery sy is 'n rots vir my sy doen my naaldwerk en help met die moeilike wiskunde wat so nou en dan sy kop in my lewe uitsteek. Hierdie was so maklik vir my harts kuns nes ek daarvan hou. Lief jou baie ILma xxx Melize

Liewe dagboek, vandag was 'n spesiale geskenk vir 'n spesiale persoon. Dadelik het ek gedink my liefie soek lankal al Kaapse huisies van mosaik en beplan ek volstoom maar net tot 10 minute in en toe besef ek met 'n hartseer skok, my liefie is nie meer hier nie, hy’s nou in die hemel. Wat nou en julle weet mos wat doen ek met witbordjies ... vee dit onder my arm af. Maar nie die keer nie ek doen dit sommer so in die verbygaan. Ek het 5 min. Al waaraan ek kan dink is my vriendin het haar hart vir Jesus gegee. Ek sal vir haar n raam met 2 hartjies maak met Jesus as die middelpunt en hoop opskryf. Want waar daar hoop is, is daar faith met verligting weet ek wat om te kies. Net nie papier nie ek het nou baie daarvan.  Eers loop ek op die R500 lapgoed met my stertvere in die lug. Op die grond probeer ek silverleaf vasplak aan nat gips, geen gom wil werk nie en begin ek wonder nou waar kan ek tog verkeerd gegaan het. Julle as 'n ou se koppie ratte vasgeroes is bly dit vas. Tyd is op se Michelle en daar lê nog goed op my tafel. Dis nou maar so dink ek hartseer en met 'n baie seer hart moet ek huistoe gaan. Ek wou so graag nog saam almal gekunsvlyt het. Baie dankie aan elkeen van julle wat 'n toevoeging in my lewe gemaak het en bid ek dat ons nog baie lekker tye saam sal he. Groete. Hes

Liewe dagboek, vandag se uitdaging was ‘n lekker een. Maak ‘n geskenk vir spesiale persoon. Ek het dadelik aan my sussie Karin gedink. Sy woon in Engeland en ons sien mekaar min. Ek het besluit op ‘n “memory box” waarin sy herinneringe, elke kleinoot en spesiale dingetjies kan bêre. Ek het dit baie geniet om te maak, dit het my sommer baie na haar laat verlang...