Liewe dagboek, die senuwees raak al hoe dunner met elke nuwe uitdaging. Ek het nie 'n babamobiel verwag nie! Maar ek is mal oor kinderdekor en het dadelik geweet wat ek wil doen. 'n 'Unisex' olifant tema wat in die baie populêre kleure grys en geel is. Ek was baie gelukkig met my eindproduk maar ek kan nie genoeg sê hoe die tyd faktor ons almal jaag nie. Dit is bitter moeilik as jy bietjie OCD is om te laat gaan en jy weet jy kan nog beter. Maar 'n deadline is 'n deadline!!!

Liewe dagboek ... na elke week se sweet ... en opwinding, het hierdie week se uitdaging weer 'n kinkel gehad. EK het mos gedink met die ankondiging "baba mobiel" ... dis 'n krip of iets. Wat weet ek nou wat dit is??? Tot ek maar oorgegee het en vir Ezme vra so stilweg ... "wat is dit?" hahahaha
Al die tyd iets wat bo 'n baba/kleuter se bed hang ...

Liewe dagboek, vandag was ek 'n totale blank en het nie geweet wat om te doen nie ek hou nie van die gevoel van onsekerheid nie dink my kuns brein het in sleep mode ingegaan. Melize

Liewe dagboek, vandag se uitdaging was lekker. Aanvanklik was ek glad nie lus om vir ‘n baba kamer iets te maak nie, maar toe ek begin speel het my kreatiwiteit begin kook en ek het myself gate uit geniet, dit was amper soos die handpoppe. Laat my wonder ... dalk moet ek begin fokus op kinder en babakamer produkte ❤ Adri

Liewe Dagboek, vandag was ’n “disaster”! Die visie in my kop en dit wat my hande geproduseer het was wêrelde verwyderd! Hoe is dit moontlik om dit so verkeerd te kry? Die hele tyd terwyl ek besig was het ek geweet vandag groet ek die kunsvlytvloer … my baba mobiel was net nie op standaard nie. Ek het nie genoeg items gekoop in die winkel om dit beter te maak nie. Ek kon niks meer doen nie … net klaar maak.

Wat ’n verligting! Niemand gaan vandag huis toe nie! Ek kan dit nie glo nie! Nog ’n kans, dankie liewe Jesus! Dankie! Ek kon nie help nie, trane van verligting het oor my wange gerol. Volgende week speel ek weer saam! Yay!