Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Liewe dagboek, wat kan ek sê ... dankie Kunsvlyt span vir die geleentheid en ongelooflike ondervinding, en alles van die beste vir die res van die deelnemers ... Adri

Ai ou Dagboek, vandag se uitdaging het weereens die senuwees beproef! Versier die tafeltjie met items van hout, papier, glas, materiaal en wat nog … Die Kaisercraft - Feetjie-papier roep my al ’n geruime tyd, so vandag speel ek met die feetjies! Ek het hierdie uitdaging geniet en darem ook beter op die telbord gevaar!

So in my dagboek lees ek die stuk in 1 Konings 6 en ek vra die Here om asseblief  vir my 5 opsies vir die dag te gee! Ook om die leesstuk se "goud" om te skakel in n pienk

Liewe dagboek, ons almal probeer raai wat is ons volgende uitdaging. Die geselsies loop wye draaie soos almal bespiegel. Die wat die vorige reeks gekyk het praat baie van meubels upcycle. 

Toe ons instap en daar staan ń tafel toe is ek seker almal dink ons gaan 'n tafel verf.

Maar nee!!!! Hulle vang ons alweer.

VYF items in twee ure. Ja VYF!!! 

Met elke episode raak die verwagtinge hoër en die tyd minder. Tydsbeplanning is die grootste vyand op die Kunsvlyt vloer.

Op 'n hartseer noot moes ons vir Adri baai sê. Sy het so diep in my hart ingekruip en ek gaan haar vreeslik mis. 

Liewe dagboek, hierdie was 'n kop krap kop hou episode en daar wen ek toe ook lank gewag vir hom! Melize

Helo liewe dagboek, hierdie een was ek opgewonde om te maak ... maar ek wat gewoonlik sommer pallette uitmekaar uit haal en gemaklik met 'n template afteken van die Kat groottes wat ek het ... moes by hierdie episode my eie hout pallet Maak al het ek gesukkel en sommer vinnig 'n kat teken soos ek dit maak. EK kies mos toe die GROOTSTE sker  om die roomys stokkies te sny. Ek dink die kykers gaan my sponsor met masjiene ... hahahaha. Dit het darem beter uitgekom as wat ek gedink het dit sou ... as mens nie hout het nie ... maak 'n plan ... hahahahaha! Soon ...
Dagboek ... tot volgende keer