Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Liewe dagboek, ek het vandag 'n horlosie gemaak ek hou baie van hom en het nie gedink ek sou huis toe gaan nie maar nou ja toe rol ek my kwasse op vandag, dit was niks lekker nie. Sterkte aan almal wat oor is en dankie vir 'n besonderse ervaring. Melize

Liewe dagboek, die tyd is so 'n groot faktor in die program so hoe gepas dat ons 'n horlosie kry! My oggend het met slegte nuus op 'n persoonlike vlak begin so my gemoed was nie van die beste nie en toe het 'n krisis met 'n produk op die vloer.
Ek wou net opgee ... as mens se hart en kop so vol dinge is dan is jou fokus so sleg. Maar ek het myself opgetel en afgestof en my beste gegee. Terwyl ons gewag het vir die beoordeling was ek seker ek gaan huis toe!
Maar dit was 'n gesamentlike wen vir my en Letitia. Net die regte doepa om ons gemoedere te lig na die kopstuk fiasko.  Melissa

Liewe dagboek, stupid foute! Aggenee man! Hoeveel keer het ek al met chalk paint en was gewerk? Ek kan nie glo ek maak so 'n stupid fout nie! Maar nou ja ... te hard probeer, te vinnig gewerk. Ek moet meer fokus.
Die kompetisie is sterk, die style uiteenlopend en almal is so talentvol. Daar is nie ruimte vir foute nie ... die spanning is erg. Net dankbaar ek is nie uit nie! Ezme

Liewe dagboek ...
Vader, uit my hart uit dankie vir vandag! Dankie vir die bevestiging dat ek nog in U wil is! Om n eerste plek te deel, is net so goed as om 'n direkte woord van U te kry. Slegs U is konsekwent en onvoorwaardelik. Daar het soveel antwoorde vandag gekom. Ek dink arme Shaun het gedink vandag is die tannie totaal en al die klits kweit! My nag gaan soet wees. Ek het antwoorde gekry. Ek is gereed om huis toe te gaan. Letitia