Liewe dagboek, ek het geweet ons gaan groepwerk kry, ek het geweet ons gaan nie ons spanmaats kan kies nie, en tog het die challenge my ritme uitgegooi. Al wat ek kan sê is “jammer Letitia” waneer ‘n mens laat is skree jy tot op jou eie kinders.

Liewe dagboek, hierdie week het ons in ‘n groep gewerk en was my span Jarius en Melissa. Dit was regtig heerlik om so saam te werk. En natuurlik het ons, ons messe en vurke gespray paint en weggesteek sodat niemand moes sien waarmee ons besig was nie. Sharpies was natuurlik die inding in hierdie week en ons het op glas, lap en ons tafeldoek ons gate uit geniet met hulle produkte. Dankie julle twee vir n gesellige saamwerk span.

 

Groete Hes

Liewe Dagboek … episode 3! Wat sal ek sê? Ons werk in spanne. Die vervaardiger bly vir ons sê vandag gaan 3 mense huistoe! My senuwees was gedaan, veral omdat na ons koukus ons 3 besluit het op my idee!!! Watse berg op my skouers. As ons verloor is dit my skuld?

Ek was saam Ezme en Thynette in 'n span. Ons agtergrond vir ons tafel was 'n boervrou wat 'n lekker "casual" koek en koffie vir haar vriendinne reël op hulle plaas waar haar man met skape boer! En dit was winter so sy het nie blomme in haar tuin gehad vir die okkasie nie, toe maak sy skape vir die tafel.

Ons plan het sooooo goed op papier gelyk. In die middel van die 2 ure besluit ons toe om die patroon van die tafeldoek op die borde te teken ipv ons skapies met boodskappe … "Ewe loves you!" Ons was bang ons tafeldoek pas nie by ons tema nie ... ons het skapies en harte en "ewe loves you" want ons boervrou lief haar vriendinne ... as tema gekies maar begin twyfel ... en as die twyfel eers inskop!

Een ding is seker ons het baie lekker saamgewerk. Niemand het gewonder of die ander haar deel doen nie, of hulle dit reg gaan doen nie ... ons het mekaar vertrou en saamgewerk ... dit was net die twyfel oor daai tafeldoek!

Liewe dagboek, ek het weer n episode oorleef. Phew! Met Episode 3 terwyl ons buite gewag het, het Melissa genoem dat sy dink ons dalk groepwerk mag doen!

Tot my verbasing is ons in kleur groepe gedeel en is ek, Hes en Melissa saam.

Ons moet tafel dek en ek dink oh my goodness! Ok, hulle is vrouens en ek is ‘safe’.

Ons het vinnig gebrainstorm om ons idee en is toe reg vir aksie.

In die winkel is my plek om ‘spray’ vir die eetgerei te kry en soos ons tyd op raak, kom Melissa ook met n mandjie vol ‘spray’ net om seker te maak ons het!!!!

Ek kry die 'manlike' werk om die eetgerei te sprei in reënboog kleure soos beplan. Maar voor ek hol na die 'spray booth' is dit maskers en handskoene, omtrent soos n uitheemse chameleon.

Ek sprei dit toe maar en ons steek dit weg in die boks waarin dit verpak was sodat niemand mag sien nie, tot ons verbasing was dit anyway nie ‘n geheim nie, want ander het dit ook gedoen.

Soos ons vorder met alles na die eetgerei, kry ek die skêr en felt beet vir 'banting' ek is vas oortuig dat dit die regter bewoording is en toe een van die beoordelaars my vra waarmee ek besig is sê ek hard en duidelik ek is besig met ‘n ‘banting’!  Almal bars uit van die lag, Melissa wat dadelik snap haak af en sê dalk is die felt low carb! Oooops! Maar ah well, die kleure was daar, die driehoeke was reg en is toe gestik deur Melissa die garing koningin.  Een ding is verseker ek sal nooit die naam ‘bunting’ vergeet nie.

Laaste maar die beste en dit het alles oortref ...

My kamera man Patrick, het my gevolg tot by die 'spray booth' om so paar kamera skote te kry van die allien met masker en handskoene,

maar soos ek regmaak, tref hy die trappie wat hy nie gesien het nie en vlieg verby my soos speedy Gonzalo amper deur die seil ... ek kan myself mos nie inhou as ek iets sien en dit "picture" nie. Dan ... dan lag ek so DAT dit lyk of ek huil. 

 

Fluit fluit

Liewe dagboek … vandag was werklik 'n groot uitdaging nie die projek nie maar wel die groep. Ons as crafters is altyd die oukies wat by funksies die mooi maak taak kry want ons is mos kunstig nou ja gooi drie van ons saam en BOOM!!!! Elkeen het sy eie idees en ongelukkig was ons nie almal op die selfde bladsy nie en ek sukkel om te tik want my arm is nog lam van al die saag, hahahaha! Ek het al Red Cap Ranch se lekker kos in een episode afgewerk.

Liewe dagboek, vandag was woes: 'n groep uitdaging! Nee! Ek was in die groenspan en ons moes 'n tafel dek vir vier gaste. Die tyd was genoeg en Veronika, Thynette en ek het goed saam gewerk. Ons tafel was so mooi en elegant... maar ons het punte verloor omdat die tafeldoek en skapie tema nie lekker saamgewerk het nie. Ai tog!

Groete, Ezmé x

Liewe dagboek,

Vandag moes ons iets uit ń sakkie haal... daar was verskillende kunsmediums en verskillende kleure. Ons almal sê so te sê gelyk- spanne!!! Maar wat pas? Die medium of die kleur wat ons getrek het?

Op die einde was dit die kleur. 

 Ek is rerig nie goed met spanwerk nie. My OCD skop in met ń groot spoed as ek nie als kan beheer nie. 

Ek en Jarius en Hester is in ń span. Dinge het soveel beter gegaan as wat ek gedink het.  Ons het lekker gelag, lekker plannetjies beraam en so suksesvol saam gewerk.  

Dit was op die einde heerlik!

Dankie Jarius en Hester.

XX