Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Liewe dagboek, vandag het ons kunsvlyters opdrag gekry om n krans te maak ... dadelik begin ek te brainstorm, want eerlik was ek nie heeltemal seker wat dit is nie! Ek ... mmmmmmmm ek dink wag! Dis mos soos n kersfees krans met BAIE goed op! Ek, so “opgegear” soos niks, dink dis heel eenvoudig plak en hak en gaan mal en toe ... eindig ek 9de.

Die eintlike rede is, ek het op daardie stadium nie besef dit is ‘n kompetisie nie en ook nie gedink dat dit verkoopbaar behoort te wees nie en dit is toe die uiteinde! Negende! Wow! Wat n verligting om 2de laaste te wees en nie laaste nie! Van die oomblik toe die wenner en die een wat uit is aangekondig is, het ek begin fokus op die volgende opdrag wat voorlê.

Liewe dagboek ... jy het vir my darem gespaar vandag om weer n keer in jou te kan skryf oor my noue ontkomings en vieringe!

Whoop whoop! Another episode coming up! Show them what you can do!

 

Seën, Jarius

Ek was SO opgewonde oor vandag se “challenge” en het heerlik gewerk aan my krans! Bietjie te veel in vervoering geraak met die ou boekblaaie en leer en skoon vergeet dit tel as rommel, groot fout!

Liewe dagboek … WOW! wat n reënboog kleur ontploffing! Ons maak n krans en ek gaan nie die tradisionele een maak nie ek is mos n bont mens en bont gaan dit wees. Ek was so in my noppiesmet al die produkte, en daar sien ek net name Kyknet, Kunsvlyt, Pna, Creative Hobbies en ek weet ek moet dankie se vir die geleentheid om hier te kan wees. Dit was soveel pret en dit maak my hart gelukkig. Dankie Here alle eer aan U.

Liewe dagboek, vandag word episode 2 geskiet en die ys is gebreek. Ek het n redelike idee en kan nou meer kalm wees. Reg? nee verkeerd! Ons moet kranse maak ek is mal oor kranse. Daar hang n permanente krans op my stoep n groot krans. As ek partyjies doen moet daar altyd iets hang. Ek is n hang-mal mens. So jy sou se ek weet van, maar wat doen ek, ek vat die grootste, dunste yster ring om n krans te maak. En dis waar die probleem in kom ek gebruik nie my goeie verstand en common sense nie. Jy maak nie die krans van alle kranse in 2 uur NIE!!! 
NOTE TO SELF: Vat met die volgende Kunsvlyt episode jou COMMON SENSE SAAM.

Liewe dagboek, wat ’n emosiele dag! Ons moes ’n krans maak en die druk was geweldig. Die ander kunsvlyters het vasberade produkte gevat en ywerig aan groot kranse begin werk … myne was kleiner … minder “groot”. Vandag gaan ek huistoe het aanhoudend deur my gedagtes gemaal. Vir die eerste keer het die realiteit van die kompitisie werklik gevoel toe Michelle se “Rol jou kwasse op en verlaat die Kunsvlytvloer". Die eerste maatjie gaan huistoe, Marlene, my mede Kapenaar.

Liewe dag boek vandag was vet pret so reg in my kraal die was nou vir my 'n lekker projek gewees en ek het elke oomblik daarvan geniet.

Liewe dagboek, vandag het ons ń krans gemaak. Oral in die dekor en ontwerp wêreld is dit baie in die mode. Ek, Adri en Ezmé het daaroor gepraat dat ons dit miskien sal kry in een van die uitdagings, maar het nie gedink dit sou so vinnig op ons spring nie. 

En om so ‘n groot projek in 2 ure aan te pak sit nie in almal se broek nie. Boonop het ek en die printer mekaar nie reg verstaan nie en ek moes inderhaas ń plan B beraam. 

Als het egter goed uitgewerk en ek het die episode gewen. YAY!!!

Liewe Dagboek, wat 'n heerlike uitdaging was die reeks nie, ek het nou wel eerste huis toe gegaan (wat natuurlik nie my plan was nie :-)) maar ek het die ondervinding verskriklik baie geniet. Dit was fantasties om te sien wat se produkte daar alles op daardie rakke was, jammer ek kon nie meer daarvan gebruik maak nie! Dit het my wel geinspireer om weier te dink as my eie lyn van werk!
Aan elke een wat oor is, sterkte en wens julle kan sommer almal wen! Julle is amazing!

Groete, Marlene